Monday, October 4, 2010

I SURRENDER ALL................?

Twee verhale in die Bybel wat parallel teenoor mekaar staan, en in soveel opsigte verband hou met mekaar, is die verhaal van die ryk jong man (Mark 10:16-30) en die van Ananieas en Saffira (Hand.5 : 1-11) 

Die ryk jong man kom in eerbied na die Here, soekend na die ewige lewe.  Hy is 'n wetsgehoorsame burger in elke opsig - in so 'n mate dat Jesus hom "aankyk en hom innig liefgekry het".  Ongelukkig het hy nie kans gesien om die laaste (en moontlik die grootste) opoffering in sy lewe te maak nie - hy moes alles neerle en sonder enige aanhangsels na Jesus kom, en Hom volg.
Toe hy omdraai en wegloop, kyk Jesus rond en maak die bekende stelling:..dit is makliker vir 'n kameel ...(25)
In my hart glo ek dat Jesus self in sy hart bedroef was toe die jongman wegloop, en nie net sy skouers argeloos geskud het asof Hy nie omgee dat die man net wegloop nie.  Ek glo dat Hy hom nog lank en met nog steed die 'innige liefde' aangekyk het, want Jesus het geweet: Daar is nog 'n prys wat Hy self sou moes betaal, ook VIR daardie jongman.  En miskien, net miskien, sal daardie man, as hy dalk op daardie dag by die kruis te staan sou kom en die Man daar sien hang wat hom so liefdevol aangekyk het, sal hy dalk, net dalk verstaan wat dit beteken om 'alles' te gee : dat dit meer gaan as net die aardse besittings wat vir hom soveel werd was.  Alles gee is my alles, my volkome self. Daar was dus vir die man nog 'n kans.....

Maar nou eers na Annanias en Saffira.
Hulle het alles beleef : die kruisiging; die opstanding en hemelvaart; die uitstorting vd Heilig Gees; en was deel van die gemeenskap van gelowiges wat in hulself niks terug gehou het nie, maak ook in niks behoeftig was nie (Hand. 4: 34)  Tekens, wonders en magtige getuienisse het voor hulle plaasgevind.  Daar was geen eise aan hulle gestel nie, en hulle kon deel aan die heerlikheid van die eerste gemeente se samesyn.  Maar omdat Joses in Hand. 4 : 36 so geseend was in sy onbaatsugtige handeling, en hy die erkenning daarvoor voor die hele gemeente ontvang het, wil Annanias en Saffira ook bietjie van hierdie eer ontvang.  Hulle kyk dus teen die daad van gee vas, en sien nie die hart agter die daad nie. 

Toe die ryk jongman van Jesus af wegloop, was sy hart nog vas aan sy besittings; tog het Jesus geweet dat Hy in Sy grote liefde, en deur die Soete Heilige Gees, wel nog 'n kans het om die hart van die jongman aan te raak.  Daar was tog immers 'n soeke na waarheid in die man se hart..........

Maar Annanias en Saffira het klaar daardie ontmoeting met die Here gehad; was klaar deel van die gemeente van Christus, en tog nie bereid om alles oor te gee of af te gee nie.  Christus het klaar die voorbeeld gestel; en daagliks was die getuienisse voor hulle van die seen van gehoorsaamheid.  Nog was die vrees in hulle harte, dat as hulle 'alles' sou afgee, hulle niks meer sou oorhe vir hulself nie.  In die proses verloor hulle dan nie net alles waaraan hulle vasklou nie, maar ook hulle LEWE !!

***********************

Wanneer ek in my eie lewe kyk na die tye wat ek geestelik 'dood' was, besef ek dis die tye wat ek teruggehou het - nie my alles gegee het nie, of nie volkome wou oorgee nie:- bang dat ek dalk my mens-wees sal verloor in die proses.  En tog het ek dan in die proses van 'teerughou' my wese, my sin vir bestaan en voortgaan, verloor.

En kyk ek so na die kerk van Christus hier op aarde, wonder ek wat Hy sien as Hy so na ons kyk : manne en vroue wat nie meer die hart van 'GEE' verstaan nie;  nie verstaan dat hoe meer jy gee, hoe meer jy ontvang nie;  wat dit is is om alles te gee. En wat ons deur ons manier van gee, ontvang nie.  

Het Hy dan nie die voorbeeld so duidelik gestel nie?

Dan is ek nie verbaas dat daar soveel 'dooie' lede in die Liggaam van Christus is nie.  Soveel mense wat net 'aanhangsels' geword het; kragtelose wolke wat soos 'n dooie gewig aan die Liggaam hang.  Mense wat ophou 'gee' het, of erger nog:  NIE HULLE ALLES WIL GEE NIE, EN ANDER VERHINDER OM DIESELFDE TE DOEN !!  (en dan met 'n selfversekerheid in die Heiligdom ingaan, sonder om te besef dat hulle in hulle harte reeds die dood ontvang het)

Was jy maar liewer koud of warm...................!!

Hy het Sy ALLES vir ons gegee; Sy volkome alles !! 

Want Hy het geweet dat Hy ook daardeur weer ALLES sou ontvang:  ONS !!

3 comments:

  1. Hoekom publiseer jy nie hierdie mooi getuienis op ons blog ook - of beter nog, as 'n preek op whatafriend

    ReplyDelete
  2. Ek sit dit juis op my blad eerste dat jy dit kan edit en aanpas vir julle bladsy. Ek is nog besig met 'have I done my all for Jesus' -hierdie een was in daardie rigting, maar nie heeltemal dit nie. Ek kan dit ook vertaal as julle wil.

    ReplyDelete
  3. Afrikaans is Ok vir nou. Ek dink nie daar is enige editing nodig nie.

    ReplyDelete