Monday, August 23, 2010

Ter gedagtenis aan my Moeder

Op 5 Januarie 2009 is my ma 11 uur die oggend in haar tuin vermoor deur 'n jong kleurling seun.  Vir 5 jaar het sy gestry teen beenmurgkanker, en net voor haar dood is sy 'skoon' verklaar met geen kankertellings nie.  Aanvanklik is sy 3 maande gegee om te bly leef, maar sy het geveg daarteen, en die nader-kruipende dood met haar ongelooflike sterk wil oorwin.  Maar dit wat die kanker nie kon regkry nie, het ons swak sosioligies sisteem van ons pragtige Suid-Afrika reggekry.  En die seun: verklaar homself onskuldig op grond van 'insanity'. 
Moeder by reuse bome op Vergelegen, Somerset-Wes
********************************

Ek onthou die eerste en die laaste keer wat ek by die Vingerklip van God was (ek dink die plaaslike naam was 'Ukarob') Met ons aankoms was 'n dikgevrete pofadder besig om stadig oor die hitsige woestynsand te seil, weg van die klip af.  Met my klein mik-en-druk het ek 'n foto van haar probeer neem (ja, oukey - dit kon 'n hom ook gewees het!), maar ta was so klein in die beeld, (ek het my afstand gehou, jy sien) dat jou verbeelding goed moet wees om die geel-swart slang tussen die geel-swart woestynsand en -klippies te sien. 

En daar was die Vinger van God - kietsregop in die middagson, waarskuwend ten hemele gerig.  Min kameras kon ooit 'n ware beeld vasvang, en nog minder die emosie van die oomblik.  Sommige gelukkiges het dit al amper reggekry - maar daar was ek nooit een nie.  Daarom het ek daardie dag net gestaan en kyk. Asemloos.  Verwonderd.  Die reuse rots-vinger gebalanseerd op 'n dun sandsteen nekkie.  Iets daarvan was te groots om op 'n klein help-my-druk kammeratjie vas te vang.  En ek was te gering om te probeer die grootsheid van die simbool te verewig.  Alleen in my gemoed sou die prentjie altyd bly. 

Die Vinger van God. 

Ukarob

'n Jaar of wat daarna het 'n koerant aangekondig: Ukarob het geval. Ek het 'n paar oomblike stil gaan sit.  My kop gebuig.  En die beeld in my gemoed opgeroep.  Daar het hy nognie geval nie.  Vier en regop het hy gestaan.  Trots.  Hoog.  En lieflik.  Daar sou die natuur nie stadig en doelgerig wegvreet aan die laaste anker nie.  Soos 'n rots sal sy bly staan.  Verweer, ja.  Getemper deur die jare, wel.  Maar vas.  Rotsvas.  Altyd wysend na Bo. 

Altyd Ukarob

Altyd my Moeder

Saturday, August 21, 2010

In the beginning

This is the beginning of an interesting journey, in which I shall enter my thoughts, ideas, pictures and life journey as I travel through interresting times.  Watch this space.............